Afrikaans

Slangdrama in die Richtersveld
'n Heerlike vakansie in die Richtersveld Oorgrenspark het 'n dramatiese wending geneem. Louis Odendaal vertel van sy ondervinding en verduidelik hoekom dit belangrik is om voorbereid te wees op 'n noodgeval.

40-plus grade in Kruger
Olifante met hul dik, skurwe velle is uiters hittesensitief. Wat gebeur wanneer ‘n kleintjie hitte-uitputting kry? Deur Hennie van Deventer

Waar slaap ons?
Kampeerders let wel: Jy reis deur die land en benodig oornagplek. Of jy beplan ‘n vakansie en wil die regte staanplek vir jou gesin se behoeftes kies. Waar begin jy?
Deur Romi Boom

Geveerde burgers se beroepsname
Van die vername sekretarisvoël tot die beskeie skaapwagter, baie voëls het hul name by beroepe en ander betrekkings geleen.

Jong fotograaf se wenresep
Agtjarige Marnus Combrinck was die wenner in Wild se Jong Fotograaf-kompetisie vir laerskoolkinders. Marnus deel sy wenke en 'n klompie foto's met ons.

Vasgekeer deur buffels
‘n Swart muur van ten minste 1 200 buffels op die S36 en ‘n Serengeti-tipe sebra-optog op die S89 was hoogtepunte van 2012 se wintervakansie.

Mooiste loerie in die land
In Afrikaans gaan ons taamlik liberaal om met die adellike naam “Loerie”, maar nie almal het loeriebloed nie.
Deur Hennie van Deventer

WILDTUIN TOE! STORM VIR PLEK IN JUNIE
Om die kamp van jou keuse te kry, vra douvoordag opstaan wanneer die besprekings open. Koffieflesse en rekenaars verbeter jou kanse ietwat. Deur Hennie van Deventer, Sabiepark.

LUIPERDSPOOR BY DIE BRAAI
Was dit ‘n leeu, ‘n hiëna of iets anders rondom die boshuise? Deur Hennie van Deventer

Stormsrivier se staal foefieslaaids slaan jou asem weg
Om oor die boomtoppe en oor die Kruisrivier te gly op ’n staal foefieslaaid, laat die adrenalien nog lank deur jou are bruis.
Deur Maryke Roberts



































