Waar slaap ons?

Author PictureNovember 1, 2012, 2:36 PMBy: Romi Boom |10 Comments | Tags: Kamp & Karavaan, Kampeerders
Kamp & Karavaan, MapStudio, 2012

Kampeerders let wel: Jy reis deur die land en benodig oornagplek. Of jy beplan ‘n vakansie en wil die regte staanplek vir jou gesin se behoeftes kies. Waar begin jy?
Deur Romi Boom


Kamp & Karavaan,
MapStudio, 2012

As jy lief is vir tent opslaan of karavaan sleep en jy’t gereeld miere, kan jy nie eintlik sonder hierdie atlasboek doen nie. MapStudio, die bekende uitgewer van kaarte, het al die huiswerk namens jou gedoen, sodat jy nie hoef te wonder “Waar slaap ons?” nie.

Meer as 600 karavaan- en kampterreine word volgens provinsie met kleurkodes gelys. Vir vinnige opsoek is daar ook ‘n alfabetiese lys van terreine. Elke inskrywing beskryf die kampplek en die soort oord (kus, berg, spa, rivier, meer of dam, platteland, woestyn). Die prysklas en beskikbare geriewe word aangedui, asook amptelike toerismegradering, waar van toepassing. Simbole wys of daar ‘n 4x4-roete is.

Op elke dubbelblad is ‘n groot, duidelike kaart met hope detail wat aandui presies watter verskeidenheid van kampeerterreine in ‘n bepaalde kontrei is. Elke dubbelblad het ook ‘n kassie met inligting oor nabygeleë attraksies en aktiwiteite. Kleurvolle foto’s wys hoe talle van die kampplekke lyk, en vir die lusmaak is daar ook foto’s van landskappe en doen-dinge.

Met Kamp & Karavaan is dit maklik om jou vakansie te beplan. Dit wys selfs waar honde welkom is. Boonop is Kruger gunstelinge soos Onder-Sabie, Berg-en-Dal en Krokodilbrug ook ingesluit.

Oor Onder-Sabie: “[…] lê op die oewers van die standhoudende Sabierivier, wat heeljaar ‘n groot verskeidenheid van diere lok. Akkommodasie wissel van ‘n luukse gastehuis tot gesinskothuise, hutte, bungalows, safaritente en kampeerterreine[...] Die kamp het ook iets nuuts bygekry: romantiese, semi-luukse tweebed-tente wat só geplaas is dat elkeen intieme privaatheid geniet. Elke tent het sy eie klein badkamer en kombuisie, en sommiges kyk op die rivier uit.”

Oor Krokodilbrug: “Hierdie verruklike klein ruskamp is geleë in die suidoostelike hoek van die Kruger Nasionale Park, op die noordoewer van die Krokodilrivier, waaraan die kamp sy naam te danke het. Die wildkykgebied bekend as die “Suidelike Sirkel” is beroemd vir sy konsentrasie leeus [...]”

Koop Kamp & Karavaan

Buy Camp & Caravan

Win a copy of Camp & Caravan or Kamp & Karavaan:



We have three copies of Camp & Caravan and three copies of Kamp & Karavaan up for grabs in this month's book competition. To enter, simply answer this easy question: What is the name of the publisher of Camp & Caravan/ Kamp & Karavaan? Send your answer and Wild Card number to competition@tipafrica.co.za before 30 November 2012. In your email please state whether you'd prefer an English or Afrikaans copy.

 




Add Your Comment
 
Comments
 
MARTIN POTGIETER says:WAAR KAN ONS DIE BOEK KOOP
Posted on: November 8, 2012, 12:45 PM
 
Wyno Joubert says:Dit is n moet he.Lank:"overdue"
Posted on: November 8, 2012, 1:32 PM
 
Die Wild-span says:Die boek is beskikbaar op MapStudio se webwerf: www.mapstudio.co.za
Posted on: November 8, 2012, 1:42 PM
 
Tinus Prinsloo says:Ag ek sou so graag: Kamp & Karavaan atlas wil besit!!
Posted on: November 8, 2012, 1:50 PM
 
Cadle Roy Brickhill says:MapStudio.
Posted on: November 8, 2012, 3:01 PM
 
Hennie Smit says:Lyk na 'n gawe gids om te he
Posted on: November 8, 2012, 3:20 PM
 
AJ Hanekom says:MapStudio
Posted on: November 8, 2012, 6:14 PM
 
Kolie le Roux says:MapStudio 2012. Lyk baie interesant. Sal daarvan hou om 1 te besit.
Posted on: November 10, 2012, 3:13 PM
 
Your Name Here says:Waar kan die boek gekoop word en wat prys dit
Posted on: November 14, 2012, 4:18 PM
 
Wihan Viviers says:Romi Boom
Posted on: January 30, 2013, 3:20 PM