Jong fotograaf se wenresep

Author PictureAugust 29, 2012, 9:47 AMBy: Magriet Kruger |5 Comments | Tags: Marnus Combrinck
Marnus and Manie CombrinckMarnus Combrinck en sy pa, Manie, waar hulle foto\'s by St Lucia meer neem.

Agtjarige Marnus Combrinck was die wenner in Wild se Jong Fotograaf-kompetisie vir laerskoolkinders. Marnus deel sy wenke en 'n klompie foto's met ons.


Marnus neem foto's al vandat hy vyf jaar oud is. Sy pa, Manie Combrinck, is 'n kranige fotograaf en hy het sy seun geleer hoe om foto's te neem. Marnus het begin deur by die huis blomme af te neem, maar deesdae neem hy graag foto's in wildtuine. Hy gebruik 'n tweedehandse Canon 40D kamera.

Sy gunsteling fotobestemming is St Lucia, want daar is baie voëls. Hy hou veral daarvan om swartkopreiers af te neem omdat hierdie voëls dikwels heen en weer vlieg tussen die neste, gulde geleentheid vir 'n fotograaf.

Marnus se wenke vir natuurfotografie
Wees geduldig as jy foto's in die wildtuin neem.
Skakel die kar af anders skud die kamera te veel en dan is die foto nie skerp nie.
Sorg dat die son agter jou is; as die son agter die dier is wat jy afneem, sal dit 'n foto van 'n silhouette wees.

Add Your Comment
 
Comments
 
Romi Boom says:Jou foto's is lieflik, Marnus. Jy maak mens sommer lus om die kamera uit die laai te haal!
Posted on: August 30, 2012, 6:13 AM
 
jane ferraris says:Wat 'n booitjie! Mooi so Marnus.
Posted on: August 30, 2012, 2:28 PM
 
Lourens du Plessis says:Pragtig !!
Posted on: September 5, 2012, 2:23 AM
 
Your Name Here says:Wow, dit is pragtige fotos. Ek is besig met 'n kursus en wardeer fotos en wenke
Posted on: September 7, 2012, 8:47 PM
 
G v d Walt says:Baie geluk jong. As ek so na jou foto"s kyk het ek nog baie om te leer.
Posted on: September 22, 2012, 8:58 PM